Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kunsuitstalling vir onderwys

Kunsuitstalling vir onderwys
 
2005-10-20


n KUNSUITSTALLING deur plaaslike kunstenaars ten bate van die Paarlse nie-winsgewende organisasie Eduhelp word Vrydag en Saterdag by Boland wynkelder gehou.

Die kunstenaars is Nanette Ranger, Janette Anderson, Essie Ackerman, Willeen Wagenaar, Winnie Botha, Jeani Mouton, Idalet de la Bat, Rochelle Barnes, Wessel Lemmer, WL Ethen, Elsa Valentine, Fanie Marais, Lisa de Lange, Mariet van Velden en Tillie Huyssteen.

Daar is ook drie linosneë van Gregoire Boonsaaier wat te koop aangebied gaan word.

Eduhelp is ’n ondersteuningsfonds wat hulpbehoewende kinders met leerprobleme terapeuties ondersteun.

Die uitstalling word om 19:00 geopen deur David Basson, voormalige inspekteur van onderwys, wat sal praat oor leerprobleme.

Die uitstalling open Vrydag 18:30 en is Saterdag van 10:00 tot 18:00 oop.

Vir navrae oor die projek, kontak Nico Appel by 082-499-3016.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za