GRAAG wil ek as ’n rasta noem hoe teleurstellend die Paasnaweek se rastafees was.
Die festival is bekend vir lewendige musiek, dansers en kinderopvoerings, maar vanjaar was daar geen dansers of opvoerings nie.
Musiekoptredes was net Vrydagaand van 20:00 tot 01:00, en Saterdag vanaf 08:00 tot 12:00. Daar was geen tente nie en families wat van ver af kom, moes die koue deur die nag trotseer.
Die organiseerders moet hul sokkies optrek - die festival was ’n paar jaar gelede op ’n punt waar internasionale reggae-sterre sal optree. Vandag lyk dit of ons terug is waar dinge begin het. Dit was ’n teleurstellende fees en die bywoning het drasties afgeneem. Hierdie brief is nie om rastas af te kraak nie, maar om hul oë oop te maak. Skrik wakker rastas en bou.
Bekommerde rasta