Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bravo aan die Ring van Wellington

Bravo aan die Ring van Wellington
 
2011-05-05


AS voorheen beswaarde lid van VGK Wellington Bergrivier wil ek hiermee my opregte dank en waardering uitspreek teenoor die Ring van Wellington vir die waardige wyse waarop hulle die hele situasie van die Gemeente hanteer het.

Op die oog af het dit vir die beswaarde lidmate gelyk asof die Ring slegs die situasie probeer uitrek, maar min het ons besef die kompleksiteit van die aangeleentheid.

Vir nege maande was dinge binne die kerk lelik as gevolg van ’n klagstaat teen die leraar James Mac Kay vanaf sy egskeiding tot verskeie bewerings van korrupsie en wanbestuur deur hom en die Kerkraad.

Die Beswaarde Lidmate van Bergrivier (BLB) het hul misnoeë oor al die probleme bekend gemaak deur te korrespondeer met die Kerkraad sowel as die Ring van Wellington.

By tye het die frustrasie van die beswaardes so hoog geloop dat dienste soms ontwrig was in die vorm van die sing van koortjies wat verhoed het dat ds James Mac Kay kon preek.

Die beswaardes se argument was bloot dat ons antwoorde wou hê vanaf die Kerkraad en Ring van Wellington wat ons toe nooit gekry het nie.

Die vraag was die heeltyd: Hoe kan ’n predikant preek by ’n gemeente indien daar soveel klagtes ingebring is. Die Kerkorde bepaal dat wanneer daar ’n gerug is dit onmiddellik ondersoek moet word.

Op Dinsdag 19 April het die Ring van Wellington ’n ontmoeting met die Gemeente gereël om hul bevinding en besluit van die afgelope 8-9 maande se ondersoek aan die Gemeente oor te dra.

Die leraars van die Ring het eers met die Kerkraad ontmoet en die besluit aan die Kerkraad oorgedra in die konsistorie. Daar was toe onmiddellik konsternasie in die konsistorie aangesien van die Mac Kay-aanhangers nie tevrede was met die besluit van die Ring nie.

Die leraars van die Ring was toe nie eens die geleentheid gebied om die besluit aan die gemeente oor te dra nie, so het hulle tekere gegaan, sonder respek vir die Ringskommissielede nie.

Predikante van die Ring was selfs deur Mac Kay-aanhangers gevloek en rondgepluk. Een predikant was selfs met sand in die gesig en ’n klip in die rug gegooi.

Lede van die BLB het hulle die betrokke aand baie rustig gedra en gewys dat die saak van God groter is as die mens.

Die besluit van die Ring was dan dat ds James Mac Kay die band met die Gemeente Wellington Bergrivier moet losmaak. Dit beteken Mac Kay moet die Gemeente verlaat en dat die Gemeente dan nou binnekort ’n nuwe leraar sal kan beroep.

Bravo aan die Ring van Wellington. Hierdie besluit sal nou sekerlik met die regte leiding van die konsulent en kommissie van ondersteuning stabilitieit in die gemeente bring. Die BLB moet dus nou gesien word as ontbind en ons is nou weer lidmate van VGK Wellington Bergrivier.

Ons wil ook sê dat ons jammer is vir enige ongerief wat lidmate verduur het, maar ons glo dat ons optrede geregverdig was. Indien nie, sou God die beslissing van die Ring verander het.

Ds James Mac Kay en sy groepie tree nou onkerkordelik op deurdat hulle kerkdienste hou by ’n plaaslike hoërskool waar die heilige sakramente deur Mac Kay bedien word, terwyl die Bandlosmaking hom dit verbied.

’n Skrywe is reeds gerig aan die Ring van Wellington waar ons vra vir die skorsing van sodanige lidmate, kerkraadslede en Mac Kay.Sterkte aan die Ring van Wellington en wees verseker van VGK Wellington Bergrivier se heelhartige voorbidding en ondersteuning

JC Williams




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za