Leefstylkalender
2011-05-05
* Pretdraf. Wellington Spar en CPUT bied aan ’n “Dress to Impress” 5km pretdraf/stap en basaar op 28 Mei ten bate van Silwerkruin-ouetehuis. Die wegspring is om 08:00 by Silwerkruin. Daar sal ook ’n rolstoelresies vir bejaardes wees. Die boeremusiekgroep Kaapse Affodille sal by die basaar optree. Inskrywingsvorms is vanaf 16 Mei te kry by Wellington Spar, CPUT kampus, Silwerkruin en dit sal die oggend van die pretdraf (06:30-07:00) ook beskikbaar wees. Inskrywingsgeld is R20 (R10 vir studente en kinders). * Reünie. Op 28 Mei om 10:00 hou Bergrivier Hoërskool se matrikulante van 1981 ’n reünievergadering by die skool om reëlings te bespreek. Kontak Anthony Carvernelis by 083-447-0309 of by 021-873-2301. * Dans. Die Boeremusiekgilde se Boland-tak hou Vrydag 6 Mei ’n dans met die orkes van Piet Visser by Noord-Eind Laerskool. Toegang is R30 vir lede en R40 vir nie-lede. Skakel Ciceel by by 083-3467-083. * Talentkompetisie. Leerders van Orleansvale Primêr neem op 11 Mei om 19:00 aan die SA Skoletalentkompetisie deel by New Orleans Sekondêre Skool se saal. Op 12 Mei om 19:00 is St Albans Primêr aan die beurt en hulle tree op in Bergrivier Sekondêr se saal. Toegang is R20 (R10 vir kinders en pensionarisse). Skakel Elaine 081-300-4400 of Mario Small by 072-184-1115.
More
News
|