Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Drakenstein Liggiesfeeste kom nader

Drakenstein Liggiesfeeste kom nader
 
2005-10-20


DIE jaarlikse Drakenstein Liggiesfeeste skop op 25 November op Wellington af. Besprekings vir stalletjies word aanvaar tot 31 Oktober (R100 vir inwoners van Drakenstein en R140 vir stalletjie-houers buite Drakenstein-area).

Kontak Jessica by 864-2126 vir meer inligting.

Paarl se Liggiesfees vind plaas van 1 tot 4 Desember.

Vir 1 tot 3 Desember is daar nog ‘n beperkte aantal stalletjies beskikbaar. Bespreek by Paarl Inligtingskantoor op die hoek van Hoof- en Auretstraat (tel 872-4842).

Daar word weer ‘n “Carols by Candlelight” geleentheid gehou die Sondagaand 4 Desember in Lady Greystraat.

Saron se Liggiesfees word op 9 Desember gehou.

Stalletjies kos R50 (bespreek by Matty Paulsen by 082-459-8348).

Plaaslike kunstenaars wat belang stel om by dié feeste op te tree kan hulle besonderhede laat by Paarl Inligtingskantoor (872-4842) of skakel Michelle Pietersen by 073-487-1152.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za