Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hoe moeilik is dit nou om jaers te vang?

Hoe moeilik is dit nou om jaers te vang?
 
2011-05-05


SONDAGAAND kan jy maar verseker weet dat die straatresies in Jan van Riebeeckweg, Suider-Paarl Paryspad), enige tyd vanaf 23:00 begin. Nie sekere aande nie, elke Sondagaand.

Na die soveelste geskreeu van bande en brullende enjins skakel ek toe die afgelope Sondagaand om middernag die Paarl Polisie en verneem van die kaptein aan diens, sal maar sy naam verswyg, of hulle dan nie bewus is van wat elke Sondag in Jan van Riebeeckweg aangaan nie.

Hy verseker my toe dat hulle bewus is van die probleem, maar het nie meer genoeg bakkies om agter die mense aan te jaag nie en het nou al heelwat boetes uitgeskryf ens. ens.

Groot was my verbasing toe hy reken dat daar nuwe wetgewing teen hierdie soort van misdryf moet kom. Is dit dan nie plein rusverstoring nie?

Sover ek weet is rusverstoring ’n oortreding van ’n wet en daarby kom ook beslis oortreding van die spoedgrens in die betrokke straat en kan oortreders eenvoudig in hegtenis geneem en aangekla word.

Dié mense begin hulle resies by die onderent van Jan van Riebeeckweg by die N1 en jaag dan in die rigting van die dorp.

Sover ek weet, is daar slegs twee openbare uitgange tussen die N1 en Langenhovenweg en kan dit sekerlik nie te moeilik wees om die oortreders aan te keer nie?

Nodeloos om te sê dat die geraas eers om 00:20 Maandagoggend tot ’n einde gekom het, wat maar weer eens ’n bewys is dat die polisie nie ag slaan op klagtes nie of andersins die optredes goedkeur.

Die dag is naby dat ek en ’n paar mense wat nou al redelik gatvol is vir hierdie oortreders se geraas self ’n plan gaan maak om hulle uitstappie op ’n Sondagaand te bederf.

Of Kaptein Wat Nie Sy Plig Doen Nie, gaan jy en jou kollegas julle werk doen en hierdie oortreders vir eens en altyd op hul plek sit?

Schumacher en jou maats, kyk uit vir ons!

Smoorkwaad




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za