Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Maak stukkende boeke weer mooi

Maak stukkende boeke weer mooi
 
2011-05-05


DIE kursus in boekherstelwerk en papierkonservering by die Afrikaanse Taalmuseum in die Paarl word van 24 tot 26 Mei aangebied.

Dié intensiewe driedaagse kursus sal aan deelnemers die nodige kennis en vaardighede oordra om hardebandboeke se rûe suksesvol te herstel. Geen vorige ondervinding word benodig nie.

Die aanbieder is die konserveringspesialis Johann Maree, wat sy opleiding ontvang het by die Switserse Centro del Bel Libro en die Oostenrykse Nasionale Biblioteek.

Hy was vir 28 jaar hoof van die departement van papier- en boekkonservering by die biblioteek van die Universiteit van Kaapstad, en het reeds verskeie konserveringskursusse nasionaal en internasionaal aangebied.

Deelnemers het ’n keuse tussen ’n kursusfooi van R1 500 (gereedskap ingesluit) of R1 300 (eie gereedskap). Ligte middagetes en koffie/tee is ingesluit. Kontak Amira Clayton by 021-872-3441.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za