Bel Canto sing
2005-10-20
DIE jaarlikse konsert van die Paarl Bel Cantokoor en die Bethel Cong Kerkkoor, word Sondag om 18:00 in die Bethel Kerk gehou. Die totale opbrengs sal aan die plaaslike anti-vigsorganisasie geskenk word.
Deelnemende kore sluit in die kerkkore van Immanuel VGK, Zions VGK, Huguenot VGK en hul mannekoor, sowel as die St Joseph AME kerkkoor en die koor van die Hunter Temple AME kerk.
Die Jeugkoor van die Bethel Cong Kerk sal items van ’n moderne aard lewer.
Die konsert sal afgerond word met koorsang van die gesamentlike kore onder leiding van David Samaai.
Kaartjies is by koorlede beskikbaar teen R15 elk of skakel David Samaai by 862-1917.
More
News
|