Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Met verf en vers

Met verf en vers
 
2011-05-05


MET Verf en Vers, ’n uitstalling van skilderye van die bekende Suid-Afrikaanse waterverfskilder Louis Hiemstra, word van 6 tot 8 Mei by De Compagnie-wynlandgoed buite Wellington aangebied.

Die amptelike opening vind om 11:00 op Saterdag 7 Mei plaas en word waargeneem deur die radio-aanbieder Margo Luyt, terwyl die musiek by die geleentheid deur Lucie von Molendorff verskaf sal word.

Louis Hiemstra, afgetrede professor in huisartskunde aan die Vrystaatse Universiteit, lê hom reeds sedert 1986 ernstig op skilderwerk toe.

Sedert sy aftrede in 2008 skilder hy heeltyds.

Hiemstra het die afgelope 40 jaar ook groot bekendheid as karikatuurkunstenaar verwerf.

Sy strokiesprentreeks, Swartskaap, het jare lank gereeld in die Vrystaatse koerant Volksblad verskyn.

Hy het ook reeds etlike kinderboeke en kortverhaalbundels geïllustreer.

Vir meer besonderhede oor die uitstalling, skakel 082-579-4235.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za