DIE kabaret Lus, met Elizabeth Frandzen, Anéle du Plessis, Maryke Nel en Rika Vermeulen, is te sien by die Breytenbach-sentrum se Bôrdienghuis-teater op Wellington op Vrydag 6 Mei om 20:00.
Dié literêre kabaret is ’n tong-in-die-kies kykie na lyflike liefde, kleurvol en guitig, stout en hartseer en definitief vermaaklik.
Dit is geïnspireer deur die werke van bekroonde skrywer Hennie Aucamp en tesame met gedigte van Breyten Breytenbach, Lina Spies, Ingrid Jonker, Ronnie Belcher, Peter Blum en Antjie Krog word alle aspekte van die liefde van die lyf ontbloot
Die regisseur is André Strijdom.
Kaartjies is R100 per persoon en kan bespreek word by 082-812-1112.