Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Heerlike fees van kultuur by HJS

Heerlike fees van kultuur by HJS
 
2011-05-05


DIE Hoër Jongenskool Paarl bied vanaf 9 tot 13 Mei ’n Kultuurweek aan, met bekendes wat optree en hope plaaslike talent.

Die gala-aand neem die vorm aan van ’n koorfees op Donderdagaand 12 Mei om 19:00. Kore van tien skole van die omgewing deel daardie aand die verhoog met die HJS vokale ensemble.

C2C, gewilde musiekgroep van Stellenbosch, tree ook op en die aand word afgesluit met ’n massa-item deur ongeveer 450 koorlede. Kaartjies vir hierdie geleentheid is R50.

Die week skop af op Maandagaand 9 Mei met ’n Musiek- en Drama-aand om 19:00, waartydens die beste van die musiek-, drama en dansdepartemente gesien kan word.

Die blaasorkes en vokale ensemble (wenners van hul afdeling by verlede jaar se eisteddfod) is maar net van die hoogtepunte. Kaartjies vir hierdie aand is R30.

Op Woensdagmiddag 11 Mei om 15:00 kom gesels Mart-Marie Schoeman, besigheidskonsultant in musiek en skrywer van die boek Ek wil ’n CD opneem – wat nou? oor die uitdagings en moontlikhede van ’n beroep in die musiekwêreld.

Hierdie werkswinkel is oop vir enige hoërskoolleerders, opvoeders en ouers. Kaartjies teen R30 is hiervoor beskikbaar, maar bespreking is noodsaaklik.

Alle kaartjies is beskikbaar by die skool (021 872 2875) en navrae kan gerig word aan Marissa van Zyl by mvzyl@paarlboyshigh.org.za.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za