Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rekenaars uit winkel weggedra

Rekenaars uit winkel weggedra
 
2011-05-05

Lise Beyers

BINNE slegs 50 sekondes het diewe daarin geslaag om 11 skootrekenaars te steel.

Hierdie diefstal het vroeg Woensdagoggend plaasgevind by die nuwe rekenaarwinkel in Paarl Hoofstraat, Mattelo.

Omstreeks 03:00 het vermoedelik vier mans ’n rots deur ’n vertoonvenster van hierdie winkel geslinger. Volgens ooggetuies het drie van hulle deur die venster geklim terwyl een waggehou het. Kort daarna het hulle met arms vol skootrekenaars weer uitgeklim.Die mans het na bewering in ’n ouerige wit Opel-motor weggejaag in ’n suidelike rigting.

Verskeie ooggetuies het die voorval sien plaasvind en mense wat in die woonstelle bo die rekenaarwinkel woon, het wakker geskrik weens die slag van die gebreekte ruit. Die polisie was kort hierna op die toneel.

WinkelbestuurderMark Walden het gesê dat die rekenaars op die vertoonkaste met slotte vasgegrendel was, maar die diewe het oënskynlik hierdie slotte net afgebreek.

Dit is die tweede insident wat binne ’n maand by Mattelo plaasvind. Vroeër is daar ook ’n vertoonvenster hiér uitgeskop, maar niks is gesteel nie. Volgens die polisie was dit veroorsaak deur “’n dronkspul”.

* Eleven laptop computers were stolen within 50 seconds from a computer shop in Paarl.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za