Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Splinternuwe muur deur beamptes afgebreek

Splinternuwe muur deur beamptes afgebreek
 
2011-05-05

Lise Beyers

’n INWONER van Paarl-Oos kon vandeesweek nie sy oë glo nie, toe munisipale amptenare sy veiligheidsmuur afgebreek het.

Wilbur Lombaard van Lantanastraat 30c het die afgelope naweek die bou van ’n muur om sy woning voltooi.

“Ek het al lankal ’n veiligheidsprobleem hiér. Daar is al verskeie kere by my motor ingebreek en my bande is ook stukkend gesteek.

“Daar word ook by my woning ingebreek en alles word gesteel, selfs die kos uit my yskas en my kind se weggooidoeke.

“Dus het ek die reg om my familie en my eiendom te beskerm en ek het besluit om ’n muur te bou waaragter my motor en woning veilig kon staan.”

Maar Lombaard is gewaarsku dat hy híérvoor planne moet indien om toestemming te verkry van die Munisipaliteit om die muur te bou.

Lombaard hét toe so gemaak en planne ingedien. Maar, sê hy, soos gewoonlik sloer die Munisipaliteit met die goedkeuring hiervan.

Net toe hy die muur oor die langnaweek voltooi het, het die Munisipaliteit dit weer gebreek.

Nie net Lombaard nie, maar sy bure is ook ontstoke hieroor.

“Die muur is netjies gebou en is daar om die eiendom te beveilig.

“Oral in die omgewing bou inwoners van die munisipale woonstelle kamers aan die woonstelle sonder toestemming, maar niks word hieromtrent gedoen nie.

“Die inspekteur laat daardie onwettige bouery toe, maar hy laat hierdie muur afslaan.”

Lombaard het gesê dat hy nie die saak daar gaan laat nie en sal regsadvies inwin, aangesien hy duisende rande spandeer het aan die betonmuur.

Teen druktyd het die Drakenstein Munisipaliteit nog nie kommentaar gelewer oor die voorval nie.

* A resident of Lantana Street, Wilbur Lombaard, is disgusted at the Municipality who broke down his securtiy wall although plans have been submitted.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za