Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Betaaltyd

Betaaltyd
 
2011-05-05

Lise Beyers

PAARLIETE sal van nou af moet uithaal en wys as hulle in die middedorp wil parkeer.

Verlede week is die eerste fase van die betaal-en-parkeerstelsel geloods ná sowat ’n dekade van gratis parkering in die Paarlse middedorp.

Hierdie fase behels betaling vir parkering in Lady Greystraat, vanaf Hoofstraat tot en met Versterstraat, en op Jan Phillipsplein.

Die nuwe stelsel waarby handtoestelle gebruik word, is geïmplementeer deur die publieke/private vennootskap Anytime Investments as die eerste fase van die opknappingsprojek vir die Paarl middedorp.

Plaaslike parkeerwagte wat deur die polisie goedgekeur is, is in beheer van hierdie toestelle. Hulle word ’n basiese salaris betaal plus kommissie.

Voertuie se registrasienommers word in die toestel gevoer asook die tydperk wat die motoris wil parkeer. Straatparkering in byvoorbeeld Lady Greystraat, sal R3 per halfuur (of ’n gedeelte daarvan) wees.

Op Jan Phillipslein is die eerste uur van parkering gratis, maar daarna sal motoriste R5 per uur (of gedeelte daarvan) moet uithaal.

Ná ure (Saterdae ná 12:00 en Sondae) sal parkering gratis wees in hierdie gebied.

Motoriste wat egter dink dat hulle vinnig kan inglip en vertrek sonder om te betaal sal twee keer hieroor moet dink.

Die voertuig se registrasienommer sal oorhandig word aan die verkeersowerhede en hulle sal ’n parkeerboete in die pos ontvang.

Twee van die wagte, Clinton November en Moira Visagie, het gesê dat die publiek in die algemeen geen probleem het om hulle te betaal vir parkering nie.

“Daar was wel enkele mense wat met ons gestry het en nie geglo het dat ons werklik parkeerwagte is wat verbonde is aan die middedorp-hernuwingsprojek nie.”

Die wagte dra geel en oranje jakkies en hoedjies en is wettig - betaal dus jou parkering of ’n boete sal in die pos wees.

* Paid parking has kicked off in the Paarl CBD after nearly a decade of free parking.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za