Nuwe kampioen gekroon
2011-05-05
Die sewesrugbyspan van die Evergreens Rugbyklub het Saterdag die nuwe kampioen geword van die Young Peoples Sewestoernooi.
In ’n naelbyt-finaal, wat in bykomende tyd beslis is, het hulle verlede jaar se kampioen, Lower Paarl (Blues), met 20-15 geklop.
Dit was die eerste keer in die geskiedenis van dié toernooi dat die wedstryd in bykomende tyd beslis is.
More
News
|