Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Konsert in Katedraalkelder

Konsert in Katedraalkelder
 
2005-10-20


KWV bied binnekort hul eerste Somerkonsert aan in die pas gerestoureerde Katedraalkelder.

Die wêreldberoemde kelder met sy koepelvormige dak, gekerfde houtvate en 1100 nuwe klein houtvate, bied ’n wonderlike atmosfeer vir konserte.

Die konsert vind plaas op Woensdag 2 November om 19:30 met twee van Suid-Afrika se top kunstenaars, Jannie Moolman en Zanne Stapelberg.

Die program bestaan uit wat hulle die beste doen - ligte klassieke musiek uit musiekblyspele, operettes en bekende operas.

Die musiek uit La Traviata, Carmen, West Side Story om net ’n paar te noem, beloof om gaste groot genot te gee.

Die konsert word aangebied in kabaret-styl met tafels van vier of ses mense.

Kaartjies kos R120 per persoon, wat heerlike verversings en die bekende Cathedral Cellar wyne van KWV insluit.

Bespreek by Janine Eybers tussen 08:00 en 17:00 weeksdae (tel 807-3217).



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za