Vier Seisoene in Goodnow
2005-10-20
SONDAG om 17:00 word Antonio Vivaldi se meesterwerk vir strykers, Die Vier Seisoene, in die Goodnowsaal op Wellington uitgevoer deur die Tinta Barocca Ensemble.
Die konsert word aangebied deur die Wellingtonse Musiekvereniging en vorm deel van die Stokiesdraaifees.
Die solis is Piet de Beer (viool), ’n boorling van die dorp wat tans lid is van die Kaapse Filharmoniese Orkes.
Kaartjies kos R50 (R30 vir studente). Jong kinders kan die konsert gratis bywoon.
More
News
|