Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hartseer oor stryery in kerk

Hartseer oor stryery in kerk
 
2011-05-12


DIS so hartseer om te sien dat ons toelaat dat die duiwel ons Christelike geloof soveel knoue toedien (“Konsternasie in konsistorie).

Ek is nie lid van die kerk waar hierdie gebeure plaasgevind het nie en het ook nie agtergrond van die gebeure daar nie, maar dit maak my hartseer dat ons in hierdie dae as gelowiges teen mekaar baklei.

Dit is ook nie net in hierdie gemeente en in hierdie kerk nie, maar gebeur dwarsoor die spektrum van die Christelike geloof.

Besef ons dan nie dat ons besig is in die laaste dae nie. Dis dan nou juis die tyd om te evangeliseer en om andere te help om hulle tot die Here te bekeer.

Maar as ons so onder mekaar stry en baklei, speel ons so reg in die hand van die duiwel. Ons fokus is heeltemal verdraaid en ons mislei onsself deur voor te gee dat ons met God se sake besig is.

Hierdie gemeente sal nog vir baie jare hierdie letsels dra en slegs God kan en sal versoening bring.

Aan alle partye betrokke wil ek net sę: “Maak seker dat julle in die regte verhouding met God staan. As dit so is, sal God herstel wat afgebreek is.

“God se manier van herstel begin met erkenning van my skuld, belydenis, vergifnis vra en vergifnis bied en dit alles geskied met Sy Groot Liefde wat ons opnuut ervaar het tydens Paasnaweek.

Sterkte aan almal betrokke by hierdie gemeente.

Christo Present, Komaggas, Springbok




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za