Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sportdagboek

Sportdagboek
 
2011-05-12


KRIEKET

* Paarl-Oos Krieketklub se jaarfunksie is uitgestel tot September en hul jaarlikse gholftoernooi vir volgende jaar is op 12 April 2012.

) RUGBY

* Young Peoples Rugbyklub se afrigters en bestuur sal elke Maandag om 19:00 by die Daljosafat-klubhuis vergader. Die Tiere speel Saterdag weg teen Hand & Hearts van Kraaifontein. Die bus vertrek om 10:00 vanuit Groenheuwel.

*Violets se juniors oefen Dinsdae en Donderdae om 17:00 by Paulus Joubert Sekondêre skool. Op Vrydag 3 Junie hou Violets ’n piekniekdans in die Annunciation-saal (Van der Stelstraat). Die prys beloop R50.

* Young Gardens speel Saterdag weg teen Allandale te Drakenstein. Vervoer vertrek 12:00 vanaf Food O Rama na Drakenstein. Die klub se algemene maandvergadering vind plaas op Maandag 16 Mei (19:15) te Paarlzicht Primêr. Die klub oefen Dinsdae en Donderdae te Daljosafat vanaf 18:00. Alle voornemende en nuwe spelers en belangstellendes is welkom. Vir enige navrae, kontak Mario by 021-870-1080 of 082-380-2680.

* Die Rugby Kode se klubvergadering word op Woensdag 25 Mei om 19:00 by die Hugenote Gemeenskapsaal gehou. Vir enige navrae, skakel 082-731- 4879.

) NETBAL

* Die Paarl Netbalklub se oefeninge is op Maandag en Donderdag om 18:15 op die Zanddrift-bane. Alle belangstellendes kan Annelie Lucas by 083-377-2232 of Bennie Saayman by 083-462-6311 skakel.

* Annie Kloppers het onlangs haar nuwe boek “Netball play with rules” vrygestel. Dit word aanbeveel vir skeidsregters, afrigters, spelers en netbal-liefhebbers (R125 aflewering uitgesluit by anniekloppers@gmail.com).

) SOCCER

* Paarl Soccer Club is celebrating its 50th anniversary. All life members, honorary life members and all former members of the club are invited to join the celebrations. The club is in the process of establish­ing a special committee to facilitate the organising of these celebrations. For more info, please contact Lionel Matthee at 072-239-2181 or 021-807-4847.

) BOOGSKIET

* Die Paarl Boogskietklub oefen elke Woensdag en Saterdag vanaf 15:00-18:00 by die Nelson Wynlandgoed. Vir inligting, kontak Louis by 021-870-1257 of 072-613- 7664.

) BODYBUILDERS

* Bodybuilders in the Paarl area must register (R50) with Boland in order to take part in championships. Contact AC Adams at 021-862-8009 or 071-178-0578 for more information. Paarl will be the venue for the SA natural bodybuilding championships at the Noord-Eind Primary School on 15 October.

) SPORTDAG

* WA Joubert Laerskool bied op 21 Mei (08:30-13:30) die GM Thorp Paarl groot Wintersportdag op Hoërskool Labori en Laerskool Gimnasium se velde aan. Rugby- en netbalwedstryde vir o.7 tot o.13 spanne sal aangebied word. Tien skole, wat Franschhoek Hoërskool, Bridge House, Drakenstein Laerskool, Courtrai Laerskool en WA Joubert Laerskool insluit, sal aan die toernooi deelneem.

) TOUTREK

Eerskomende Vrydag en Saterdag sal ongeveer 20 toutrekklubs van Suid-Afrika aan die Nasionale Klub Toutrek-kampioenskappe op die Boy Louw-velde deelneem. Toegang is gratis.

) VISVANG

* Visvangers wat wil deel wees van een van die grootste visvangkompetisies wat hierdie naweek in die Wes-Kaap afskop, die Rock and Surf Super Pro League, kan met Driaan Koegelenberg (RASSPL Boland) by 072- 347-4969 of pinkfly@deberge.co.za skakel. Registrasie vind Saterdag vanaf 06:00 tot 07:00 by die Engen 1 Stop op die N2 (Somerset-Wes) plaas. Besoek ook www.rasspl.com vir meer inligting

) SKATEBOARD

On 4 June local skateboarders can take part in the Red Bull Manny Mania competition which will be held at Stellenbosch (Son Skate Park) from 12:00 to 16:00. Skaters from Cape Town to Klipfontein are invited to show their stuff as part of the largest amateur event of its kind in the country. This is a qualifying event after which athletes will participate in a national final. The winner will represent South Africa at the Red Bull Manny Mania World Final for amateurs in New York City on 20 August this year. Either show up on the day or send an email to RSA- register@redbullmannymania.com with your full name, date of birth, E-mail address, telephone number(s) and city of the contest you want to enter.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za