IN die Paarl Post van 28 April is daar ’n opsomming van ’n munisipale begroting wat nie eintlik enige doel dien vir die man in die straat nie, maar bloot daar is om die gewete van die amptenaar wat dit saamgestel het, tevrede te stel en sodoende alle onwettige besteding toe te smeer.
Ek sou graag wou weet watter area “Executive & Council” dek.
Dit is verbasend hoe vinnig die huidige munisipale amptenare ’n Engelse woordeboek ingesluk het met ’n taal wat net hulle verstaan. Ou inwoner