Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rugbytelbord

Rugbytelbord
 
2011-05-12


SIMONDIUM WEN Simondium se eerste rugbyspan het Saterdag op die Faurestraat-stadion Violets met 24-17 afgestof.

Elrico Appolis het skitterende spel gelewer en Julian Malangeni, wat reeds as Simondium se drieëvraat bekend staan, het vir die derde agtereenvolgende wedstryd twee drieë gedruk.

Simondium se tweede span het met 0-17 verloor en die derde span het met 28-17 gewen.

) GELYKOPUITSLAG VIR ALBIONS

Albions het Saterdag teen Riverstones, wat bekend is vir hul dryfmaalbewegings, te staan gekom. Met Riverstones wat eerste punte aangeteken het, was die rustydtelling 5-3 in Riverstones se guns.

In die tweede helfte het Albions beter gevaar en meer konstruktiewe rugby gespeel met Ju-wayne Cyster (senter) een van die beter spelers.

Die uitstaande speler vir Albions was Fharris Adams. Die eindtelling was 15-15. Albions se tweedes wen 20-10 en die derdes wen 12-5.

) GIMNASIUM KLOP DIE TIERE

Beter afronding was die rede waarom Paarl Gimnasium se o.19A span Saterdag met Tygerberg kon afreken. Hulle het die wedstryd met 28-22 gewen.

) BOLAND LANDBOU TROEF SACS

Was dit nie vir drie blitsige drieë vroeg in die tweede helfte nie, was dit Saterdag ampertjies neusie verby vir Hoër Landbouskool Boland se eerste rugbyspan se wedstryd teen SACS. Die Landbouers het die wedstryd met 40-20 gewen.

) BOISHAAI SKAAKMAT VIR BISHOPS

Bishops het die afgelope Saterdag tweede viool gespeel teen die Paarliete. Die swaarder voorspelers van Boishaai het die Kapenaars heeltyd onder druk gehad en met alle fassette van die spel in die sakkie, kon hulle die septer swaai en met 28-15 wen.

) LAER PAARL WEN PÊREL UNITED

Blues se eerste rugbyspan het Pêrel United maklik met 38-0 verslaan.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za