KN hou Sewes-toernooi
2011-05-12
EERSKOMENDE Saterdag, vanaf 09:30 tot 16:00, bied Klein Nederburg Sekondêr sy 12de sewesrugbytoernooi aan op die skool se sportveld. Skole wat saam met Klein Nederburg (die huidige kampioen) aan die toernooi gaan deelneem, is Bergrivier Sekondêr, Groendal Sekondêr, Kylemore Sekondêr, Charleston Hill Sekondêr, Wellington Sekondêr, Paulus Joubert Sekondêr en Wesbank. Die groepwedstryde is vanaf 09:30 tot 13:00. Die eerste plaathalfeindstryd word om 14:10 beslis met die eerste bekerhalfeindstryd wat om 14:50 gespeel word. Die eindstryde van die plaat en die beker geskied om 15:00 en 16:00 onderskeidelik, met die prysuitdeling wat om 16:30 sal plaasvind. Toegang is R10 (R5 vir leerders en R5 vir voertuie).
More
News
|