Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


DA staan in elke wyk van Drakenstein

DA staan in elke wyk van Drakenstein
 
2011-05-12


DIE Paarl Post het ’n growwe fout begaan op bladsy 4 van verlede week se uitgawe wat die DA in ’n uiters swak lig stel, deur te berig dat die ANC kandidate in 29 wyke staan en die DA slegs 18 wyke in plaas van die 31 wyke wat die DA betwis.

Dit is duidelik dat daar eintlik na die proporsionele lys van kandidate verwys is, aangesien die DA uitstekende kandidate in elke wyk gestel het.

Verder toon die DA se huis-tot-huis-straatwerk en navrae dat, indien kiesers nie gerus gaan word nie en almal wat DA ondersteuners is, gaan stem, die DA hierdie Munisipaliteit met ’n volstrekte meerderheid gaan regeer.

Dit is wat die DA wil hê: ’n hoë stempersentasie en ’n algehele meerderheid. Ons wil nie gedwing word om saam met klein partytjies koalisies te vorm nie of afgepers te word nie, en die kieser wil dit ook nie hê nie.

Daarom is dit belangrik dat alle DA ondersteuners tot die laaste man en vrou gaan stem op 18 Mei.

Dit is ’n dag en datum wat die mense van Drakenstein nog lank gaan onthou en hul kinders van gaan vertel. Ons het tien jaar gewag vir hierdie dag.

Deetlefs du Toit, LP

DA Kiesafdelingshoof, Drakenstein

Paarl Post betreur die fout in die berig. Red.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za