Maak lyne nat in Karp-kompetisie
2011-05-12
DIE Wielie Walie Speelskool se jaarlikse Karp-hengelkompetisie by die Paarl-dam vind weer op 21 Mei op die R45 buite die dorp plaas. Die kompetisie begin om 08:00 en duur tot 15:00. Hengelaars tot die ouderdom van 13 jaar sal as kinders deelneem terwyl 14-jariges as volwassenes sal deelneem. Inskrywingsgeld vir volwassenes is R50 per stok en kinders R30 per stok. Kontantpryse vir die swaarste visse is R1000 vir volwassenes (1ste plek), 2de plek (R500) en 3de plek (hengelgerei). Die kinders se eerste plek verdien (R300), 2de plek R200 en die derde plek hengelgerei. Nog pryse is op die spel in ’n gelukkige trekking. Hengelaars is self verantwoordelik om hul swaarste vis uit te hou en na die inweeg te neem. Kontak vir Charlene by 082-925-7238 vir meer inligting.
More
News
|