Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Massakore vir Afrikiti

Massakore vir Afrikiti
 
2005-10-20


TWEE massakore gaan die grootste multi-media Afrikaanse verskeidenheidskonsert wat nog ooit opgevoer is, Afrikiti, Woensdagaand op Wellington afskop.

Die extravaganza is deel van ’n opwindende vennootskap tussen Kunstekaap, en die ATKV om kulturele bedrywighede in die Boland te bevorder.

Dit is deel van die Stokkiesdraaifees en word Woensdag om 19:00 by die Boland Rugbystadion opgevoer.

Die koor bestaan uit 200 leerders van die plaaslike laerskole Windmeul, Wagenmakersvallei, Imboniselo, Nieuwedrift en St Albans.

Afrikiti, ’n afkorting vir makietie vir Afrika, is ’n pretgebeurtenis met bekendes soos komediant, Soli Philander, 7de Laan ster Nina Swart, voorste sangeresse Rina Hugo en Sibongile Mngoma, en die Suid-Afrikaanse weergawe van Westlife, die Johannesburgse boy band Hi-5.

Die funky liedjies wat deur die massakore opgevoer word, is Halala Afrika deur die ontslape Johannes Kerkorrel, die Click Song wat deur Miriam Makeba gewild gemaak is en ’n Kaapse Medley met loslit liedjies soos Welcome to Cape Town en Shozoloza.

“Kunstekaap het die nasiebouprojek in Mei vanjaar begin deur 25 leerders van die verskillende skole te keur,” sê Marlene le Roux, Kunstekaap se direkteur vir gehore-ontwikkeling en kunste.

“Ons het leerders van uiteenlopende agtergronde gekies om nasiebou te bevorder. Professionele kunstenaars het dié liedjies aan die skole geleer.”

“Die unieke koor verenig kinders van verskillende kulturele agtergronde in ’n pretgebeurtenis waar hulle professionele sangonderrig ontvang asook die geleentheid om ander leerders te ontmoet en van elkeen se kultuur te leer.”

Kaartjies kan by Wellington Info by 873-4604 bespreek word.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za