Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pniel veg terug en rook die pyp

Pniel veg terug en rook die pyp
 
2011-05-12


MET ’n enorme terugvegpoging kon Pniel Villagers se eerste rugbyspan Saterdag op Pniel ’n agterstand van 27-5 in ’n wentelling van 36-27 teen die Kraaifonteinse Hands & Heart omskep.

Met rustyd het die besoekers welverdiend met 20-5 voorgeloop en net ná rustyd is die voorsprong met ’n verdoelde drie na 27-5 vergroot.

Ná harde woorde deur die tuisspan se kaptein het die Pniel-manne daarin geslaag om 31 onbeantwoorde punte aan te teken wat vyf drieë en drie doelskoppe ingesluit het.

Die speler wat ongetwyfeld die vonk verskaf het, was die plaasvervanger-vleuel, Riedewaan Jacobs, wat ’n driekuns aan drieë behaal het met slim spel en spoed wat hy goed aangewend het.

Die grondslag vir die oorwinning was weer eens deur die tuisspan se pak voorspelers gelê wat die besoekers harde bene in die vaste skrums sowel as in die vaste los laat kou het.

Hier was Wesley Arendse (stut) ’n yster wat goed ondersteun is deur Charleston Williams (agsteman). Senter Enrico du Preez was vol planne, maar hy het te dikwels die bal in kontaksituasies verloor.

Puntemakers: Drieë is gedruk deur Riedewaan Jacobs (3), Byron Schoeman, Enrico du Preez en Dimitri Noble. Edwin du Preez het met drie doelskoppe geslaag.

Pniel se tweede span het met 12-6 gewen terwyl die derde span met 20-10 verloor het. Die o.20’s het met 17-5 gewen.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za