Hugenote se hokkiespelers presteer
2011-05-12
Hugenote Hoërskool se hokkiespelers het baie goed gevaar by die Boland-hokkieproewe.
Onder die meisies is Tammi Minnaar en Mandi Mongwayana in die Boland o.14 A-span ingesluit en Torri Minnaar in die o.14 B-span wat in Stellenbosch aan ‘n toernooi gaan deelneem.
Grietjie Stander en Anél Louw is opgeneem in die Boland o.18 B-span wat aan die nasionale toernooi in Pietermaritzburg gaan deelneem, terwyl Mariaan Heydenrych en Eileen Malan in die Boland-streekspan is wat in Bloemfontein aan ‘n toernooi gaan deelneem.
Van die seuns is Michael van Niekerk (o.18), Peka Cronjé (o.18), Heinrich Portwig (o.16) en Brady Minnaar (o.16) opgeneem in die onderskeie Boland-streekspanne.
More
News
|