DIE komedie Daai V-ding is op Vrydag 20 Mei om 20:00 te sien in die Ou Meul-teater.
Daai V-ding. Daai Verhouding-ding. Daai ding wat ons almal het of wil hê. Daai ding wat jou teen die mure kan uitdryf, maar waarsonder jy nie wil klaar nie.
In hierdie V-ding is daar ’n man en ‘n vrou. Hulle is albei akteurs. Hulle werk saam. Al vir jare. Hulle doen nog steeds kinderteater om die pot aan die kook te hou. Hulle speel by kunstefeeste vir ’n handjievol mense terwyl die magtige dreuning van gebleikte kuiwe op musiekplase ver die fokus steel. Hulle is gatvol en kontempleer ander studierigtings soos om medies deur Unisa te swot of ’n tandarts oorsee te gaan word. Groot drome. Soos om die lotto te wen.
Die akteurspaar, Esther von Waltsleben en Jan-Hendrik Opperman, speel hulself in hierdie komedie. Die regie is behartig deur Francois Toerien.
Kaartjies teen R80 kan bespreek word by Vicky by 083-564-0056 of by vstem met@gmail.com.