Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Die storie sonder einde

Die storie sonder einde
 
2011-05-12


’n POPPEKAS-VERTONING, “Die storie sonder einde”, is op Saterdagoggend 14 Mei om 10:00 te sien by die Ou Meul-teater.
Sebastiaan is in die knyp, die drie boelies het hom in Mnr Tait se klas toegesluit, niemand weet waar hy is nie en die skool is al lankal uit. Wat gaan hy heelnag alleen in die Wiskunde-klas doen?

Sebastiaan ontdek in sy sak die boek wat die ou oom van die boekwinkel vir hom geleen het en dis híér waar Sebastiaan se grootste avontuur begin.

Die boek gaan oor ’n wêreld, Fantasia, wat besig is om te vergaan, ’n prinses wat besig is om dood te gaan en oor ’n jong seun, Attreo, wat haar moet red. En sonder dat hy dit weet, gaan die boek eintlik oor Sebastiaan.

Die stuk is verwerk deur Esther von Waltsleben, van Spektrum Produksies, uit The Never­ending Story en dit word aangebied deur Spektrum en Stercus Produksies. Kaartjies is R40 en kan bespreek word by 083-564-0056 of vstemmet@ gmail.com.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za