Leefstylkalender
2011-05-12
* Pretdraf. Wellington Spar en CPUT bied aan ’n “Dress to Impress” 5km pretdraf/stap en basaar op 28 Mei ten bate van Silwerkruin-ouetehuis. Die wegspring is om 08:00 by Silwerkruin. Daar sal ook ’n rolstoelresies vir bejaardes wees. Die boeremusiekgroep Kaapse Affodille sal by die basaar optree. Inskrywingsvorms is vanaf 16 Mei te kry by Wellington Spar, CPUT kampus, Silwerkruin en dit sal die oggend van die pretdraf (06:30-07:00) ook beskikbaar wees. Inskrywingsgeld is R20 (R10 vir studente en kinders). * Reünie. Op Saterdag 28 Mei om 10:00 hou Bergrivier Hoërskool se matrikulante van 1981 ’n reünievergadering by die skool om reëlings te bespreek. Kontak Anthony Carvernelis by 083-447-0309 of by 021-873-2301 vir verdere navrae. * Toer. Die ATKV Wellington-tak bied hul jaarlikse toer na Sutherland en die groot SALT-teleskoop aan die naweek van 23 Julie. Plek is beperk, bespreek dus vroegtydig om die heerlike koue en asemrowende sterre-aand te ervaar. Koste vir die toer is R1100 per person wat verblyf en etes insluit. Bespreek jou plek by Marinda by 076-998-6140 of Herman by 082-3319-699. * Talentkompetisie. Leerders van St Albans Primêr neem op Donderdag 12 Mei vanaf 19:00 aan die SA Skoletalentkompetisie deel by Bergrivier Sekondêr se saal. Toegang is R20 (R10 vir kinders en pensionarisse). Vir verdere navrae, skakel Elaine 081-300-4400 of Mario Small by 072-184-1115. * Wynveiling. Laerskool WA Joubert hou op Donderdag 12 Mei om 19:00 ’n wynveiling by die Paarlse stadsaal. Kaartjies teen R150 per persoon is te koop by die skool. Skakel die skool by 021-872-2832. * Vrydagmarkie. Huis Vergenoegd Dienssentrum hou ’n Vrydagmarkie op Vrydag 13 Mei vanaf 08:00 tot 10:00. Daar is vars gebakte produkte, vars vrugte en heerlike eetgoed, soetsuurdeegbeskuit en bakkies afval, mooigoed en nog meer te koop. Almal is welkom. * Koekversiering. Die SA Koekversieringsgilde vergader op Woensdag 18 Mei by Laerskool Drakenstein se Klubhuis om 17:15. Die tema is vrugtemandjies en Dawn van Niekerk sal ’n demonstrasie lewer. Vir verdere navrae, kontak Juanita by 083-264-9834.
More
News
|