Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Die liggaam se geheue - ’n realiteit vir sielkundiges?

Die liggaam se geheue - ’n realiteit vir sielkundiges?
 
2011-05-12


DIE liggaam is ’n intelligente energiesisteem en beskik oor natuurlike meganismes om dit te beskerm, veral in tye wat ’n individu trauma of emosionele ongemak beleef.

’n Lesing oor dié fassinerende onderwerp word op Woensdag 8 Junie om 19:00 deur dr Irene Strydom, ’n sielkundige van Wellington aangebied by die Breytenbach-sentrum in Wellington.

Die liggaam se outomatiese beskermingsisteem “skakel aan” wanneer die persoon voel die bedreiging van buite is so groot dat ’n oorweldigende gevoel van magteloosheid ’n mens letterlik verlam; kort daarna is ons egter reg om te vlug of te doen wat gedoen moet word om te oorleef.

Tydens die inneem van die bedreiging, stoor ons saam met die trauma wat besig is om te ontvou, alle geluide, beelde, klanke, reuke, smake, sensasies op die vel en veel meer.

Al hierdie geheues bly in die liggaam en bly vasgevang totdat ons toelaat dat die natuurlike balans weer herstel word deur oor die gebeure te praat, daaroor te huil, alles neer te skryf, of om dit te herleef tydens gespesialiseerde psigoterapiesessies.

Die liggaam bepaal self wanneer dit gereed is vir die vrylating van watter stukkie geheue en kundiges word dikwels ingespan om so ’n ontladinsgproses te fasiliteer.

Vir meer inligting oor Woensdag 8 Junie se praatjie, kontak Irene Strydom by irenes@mweb.co.za. ’n Minimale fooi word gehef om administratiewe kostes te dek.

Hierdie lesing is deel van ’n reeks gemeenskaplesings (Tea Talks) wat deur die psychologyHUBwellington groep aangebied word.

Die volgende praatjie oor outisme is op Woensdag 31 Augustus en word aangebied deur die sielkundige Ben Truter.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za