WORSTEL u of ’n geliefde met dwelms en drank?
Maak dan seker dat u Vrydagaand 13 Mei ’n koffiekroeg bywoon wat aangebied word deur die Christelike Gereformeerde Kerk jeuggroep.
Die genooide spreker is Morné van der Westhuizen wat eerstehandse ervaring het van die euwel van dwelms. Hy deel graag sy roerende ervaringe en stories met die jeug.
Verrigtinge begin om 18:30 op die hoek van Kolbe- en Lantanastraat, Paarl-Oos. Almal is welkom.
Vir meer inligting, kontak Marius by 078-245-2033 of Edwina 073-627-2721.