DIE Reik na Herstel Borskankerondersteuningsgroep kom op 19 Mei om 09:45 byeen by Under Oaks plaas, Rhebokskloofpad, Noorder-Paarl.
Reik na Herstel is ’n internasionale vrywilligerorganisasie wat landswyd beskikbaar is aan enige vrou of man wat met borskanker gediagnoseer is. Die Paarlse ondersteuningsgroep vergader kwartaalliks.
Alle borskankerpasiënte of dames wat al met borskanker gediagnoseer was, word uitgenooi na die byeenkoms.
Indien u vervoer verlang, of vir navrae, skakel Annaleen Genade voor of op 16 Mei by 072-523-0650 of 021-862-6733.