DIE Drakenstein Heemkring is in samewerking met ’n plaaslike navorser op soek na inligting en foto’s oor Suider-Paarl.
Die Heemkring, Paarl se argief, versamel van tyd tot tyd mondelingse geskiedenis van Paarl se ou woonbuurte en veral die woongebiede wat deur wetgewing in die 1960’s vernietig is.
Die eerste fase van hierdie ondersoek behels die plase Laborie, Picardie en die onmiddellike omgewing om hierdie plase.
Die Heemkring vra dat mense wat inligting oor die eienaars, die steengroewe en die winkels in die omgewing het, die Heemkring kan kontak. Foto’s is veral welkom. Die Heemkring sal die oorspronklikes aan die eienaars terugbesorg.
Belangstellendes kan Marguerite Lombard op 076-473-6176 skakel of epos stuur na info@drakensteinheemkring.co.za.