Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Huurder verdwyn met sy buit

Huurder verdwyn met sy buit
 
2011-05-12


’n HUURDER van ’n huis op ’n plaas het kort nadat hy sy intrek geneem het, na bewering duisende rande se metaal vanaf die plaas weggery.

Boere in die omgewing van Malanstasie het verlede week reeds snuf in die neus gekry toe ’n bakkie vanaf Wilgenhof-plaas verskeie kere met ’n swaargelaaide vrag op ’n bakkie na Wellington ry.

Inligting hieroor is aan die Wellington polisie oorgedra.

Saterdag het lede van die polisie die plaas dopgehou en toe ’n bakkie met ’n swaarbelaaide, onpadwaardige woonwa vanaf die plaas na Wellington onderweg was, het hulle toegeslaan.

In die karavaan is metaalstawe ter waarde van duisende rande gevind. Wayne Samuels is in hegtenis geneem en aangekla van die besit van gesteelde goedere.

* Nóg twee mans is die afgelope naweek in hegtenis geneem in verband met metaaldiefstal.

Lede van die honde-eenheid van die polisie, Boland K9, het Sondagoggend omstreeks 11:00 ’n verdagte voertuig in Jan van Riebeeckrylaan, Daljosafat opgelet. Die voertuig is van die pad afgetrek.

Toe die polisiebeamptes die motor deursoek, het hulle op nuwe koperonderdele wat vir die vervaardiging van warmwatersilinders gebruik word, afgekom. Die waarde van die goedere word geskat op meer as R30 000.

By verdere ondersoek is daar vasgestel dat die goedere by Satchwell Vervaardigers in Paarl-Suid gesteel is.

’n Polisiewoordvoerder het gesê dat onder die twee verdagtes wat in hegtenis geneem is, is ’n sekuriteitswag, Sibhelo Xuza, wat werksaam is by Satchwell.

Die ander verdagte is Goodman Janjula. Janjula het glo al verskeie kere met die gereg gebots.

* Police caught a suspected scrap-metal thief red-handed last week, when he was transporting a carvan filled with metal poles.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za