Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Onrus oor huise broei in Lanquedoc

Onrus oor huise broei in Lanquedoc
 
2011-05-12


MEER as 100 inwoners van Groot Drakenstein en Franschhoek het Saterdag luidkeels hul misnoeë uitgespreek oor die behuisingsnood in die gebied.

Hulle het hul stem behoorlik dik gemaak deur ’n oop stuk grond te beset in Lanquedoc met die doel om ’n informele woongebied daar te skep.

Tussen die ontevrede inwoners was daar wel verskeie mense wat tuisgaan by familielede in Lanquedoc, maar die meerderheid is van ander gebiede in Groot Drakenstein en Franschhoek per taxi aangery na Lanquedoc.

Met hul aankoms by die oop stuk grond het hulle houtpale in die grond ingekap om gebiede af te baken waar hulle hul huise sou bou.

Die Groot Drakenstein polisie is ingeroep en hulle het die hulp van munisipale wetstoepassers van Stellenbosch laat kom.

Die skare het geweier om uiteen te gaan en Sondagoggend het die drama hom steeds afgespeel.

Gemoedere het behoorlik hoog geloop toe nog polisieversterkings ingeroep is en daar is gedreig dat hulle genoop sal wees om arrestasies te maak indien die skare nie uiteengaan nie.

Die besetters meen dat die verskaffing van wonings heeltemal te stadig is en dat hulle gedwing word om soos sardientjies by families in te woon.

“Daar is te veel mense in een huis,” vertel Jeffrey Abrahams, wat by familie woon op Lanquedoc. “Hier is baie grond om ons en daar word nie huise gebou nie.”

Justice Mbuti, wat lank by Boschendal gewerk het, woon ook by kennisse, want hy het geen ander heenkome nie. “Waarheen moet ek gaan?”

Nog ’n vrou, Marie Floors, het vertel dat sy reeds 30 jaar lank wag vir ’n huis.

“En waar is ons raadslid Lewis Conradie vandag, wat met so baie leë beloftes gekom het? Nie een hiervan is vervul nie en vandag kruip hy vir ons weg.”

Ander besetters het beweer dat Conradie aan hulle gesê het dat hulle die grond mag vat.

Die voorsitter van die Gemeenskapspolisieforum en lid van die Boschendal Trust, Eldred Kleinschmidt, het gesê dat mense nie sommer net hier ’n plakkerskamp kan oprig nie.

“As dit eers daar is dan is dit daar vir altyd. Ons werk saam met die Stellenbosch Munisipaliteit om met ’n oplossing vorendag te kom vir die behuisingstekort.”

Die Lanquedoc Behuisingsprojek is ’n gesamentlike onderneming tussen die Departement Grondsake, die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit en Anglo American Boerdery en die betrokke gemeenskap (wat hoofsaaklik vir Anglo American Boerdery gewerk het).

Maar deur die jare het baie probleme hiér ontstaan deur ’n instroming van mense van buite die gebied.

Die Lanquedoc-dorpie bestaan uit 400 huise en daar word vermoed dat meer as 2000 mense daar woon.

Kleinschmidt het gesê dat misdaad aan die toeneem is en dat die tradisionele inwoners van Lanquedoc verdryf word.

* More than 100 people took charge of an open piece of land at Lanquedoc last weekend, threatening to build shacks there.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za