Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Genoeg is genoeg, sê landdros

Genoeg is genoeg, sê landdros
 
2005-10-20


’n PLAASWERKER van Wellington sal die volgende tien jaar agter tralies deurbring nadat hy gevonnis is vir die mishandeling van sy dogtertjie.

Hansie Nero (31) het sy sewe-jarige dogter aangesê om die baba van nege maande op te pas toe hy die middag gaan lê en slaap het.

Toe hy wakker geword het, en haar buite kry waar sy met maatjies speel, het hy haar begin slaan.

Die beangste meisietjie het agter ’n vrou probeer skuil, maar Nero het haar uitgepluk en teen die muur gegooi en geskop.

“’n Pa het die reg om sy kinders te tug,” het streekhoflanddros Patrick Ross bevind.

“Maar wat jy gedoen het, was mishandeling. Jy het die perke van tug oorskry terwyl die meisietjie net gedoen het wat enige kind van sewe doen, om met maatjies te speel.”

Die landdros het dit onmenslik gevind dat die dogtertjie, wat die Vrydag geslaan is, die Maandag steeds droë bloed aan haar gehad het.

“Dit beteken die ouers het die kind nie eens gewas nadat sy so aangerand is nie.

“Toe ek die dogter die eerste keer sien, was sy stom, letterlik stom-geslaan.”

In sy uitspraak het Ross gesê die vonnis is straf, al is Nero ’n eerste oortreder, want “genoeg is genoeg. Ons kinders het ook regte.”

Ross het die saak na die aandag van maatskaplike werkers verwys, met die moontlikheid om die kinders uit die sorg van die ouers te neem.

* A man has been sentenced to 10 years behind bars for severely beating his daughter (7).



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za