Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dié lys is oneindig

Dié lys is oneindig
 
2011-05-19


SKROOTDIEFSTAL raak by die dag ’n toenemende probleem wat ons almal raak. Dit bring ’n mens tot die besef dat nie net boere en besighede hieronder ly nie, maar die volle breë spektrum van ons samelewing.

Private individue word besteel vir skrootyster (enigiets van koperkrane tot wasgoedpale word weggedra). Skole loop telkemale deur.

Die bouers kan nie meer ’n perseel oornag los nie of daar verdwyn staal, koper of draad. Die spoorweë is nie meer seker dat al die treine gaan reg loop nie, want sinjale en ligte word deur kabels beheer.

Daagliks word daar Telkom-kabels gesteel en mense sit sonder broodnodige verbinding op die platteland ver van nooddienste en polisie.

Historiese geboue word eenvoudig afgebreek tot op die grond vir enigiets vanaf loodpype tot dakkappe van staal.

Mangatdeksels word verwyder en dit skep lewensgevaarlike slaggate in ons paaie en sypaadjies (asof ons paaie nie reeds swak genoeg is nie). Hekke en veiligheidshekke word verwyder, nie om binne te kom nie, maar bloot vir die waarde van daardie stuk metaal!

Watermeters kry voete en water loop weg in die grond. Besighede staan stil vir ure, of selfs dae gaan verby sonder produksie as gevolg van diefstal van elektriese of telefoonkabels.

Stokkie-boere ly skade wanneer honderde spuite oornag verdwyn vanaf die plase. So kan ek aangaan en aangaan...

In die meeste gevalle word die impak van skrootdiefstal totaal onderskat.

In baie gevalle word metaalparte gesteel met minimale waarde by die skroothandelaar, maar geweldige finansiële implikasie vir besighede.

Baie van die parte kan nie weer aangekoop word nie, maar moet spesiaal vervaardig word teen duisende rande. Gepaardgaande met dit, ly die maatskappy etlike duisende rande skade weens verlies in produksie.

Hierdie misdrywe word nie deur sindikate of bendes gemobiliseer nie, maar deur gewone, werklose en dikwels daklose siele wat steel makliker vind as om te werk, dikwels weens ’n dwelmprobleem.

Ek dink nie dis baie moeilik om te onderskei tussen wettige of gesteelde goedere, veral as die persoon voor jou staan nie.

Mangatdeksels mag nie verkoop of ingekoop word nie al is dit in ’n duisend stukke. Eskom, Spoornet en ander staatsorganisasies het al jare terug vir die SAPD en skroothandelaars voorbeelde gegee van hul “gesogte” items, maar steeds word hierdie items ingekoop.

Ek is in die proses om ’n publieke forum te stig om die hele kwessie aan te spreek. Enige belangstellendes kan my gerus kontak by 082-411-3663.Martin van Heerden




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za