Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gevaarlik

Gevaarlik
 
2011-05-19


OM petrol te bespaar (en ’n bietjie daaglikse oefening in te kry), stap ek werk toe en terug.

Om by my bestemming uit te kom, moet ek van voetoorgange gebruik maak. As gevolg daarvan, vrees ek vir my lewe elke dag.

Motoriste jaag eenvoudig net oor! Dit is skrikwekkend om by die werk te probeer kom!

As jy langs die kant staan en wag, al sien die motoriste jou raak, ry hulle eenvoudig net oor. As daar ’n groot gaping is tussen die motors en ek stap oor, kry ek net motors wat op my afjaag, remgeluide en ’n paar handgebare of middelvingers.

Die voetoorgang wat ek gebruik op die hoek van Hoof- en Auretstraat word meestal deur jong skoolkinders en bejaardes gebruik wat elke keer vrees ervaar.

Ek het nog altyd gedink en is so geleer ook, dat die voetganger voorkeur kry - lyk my ons Paarlse motoriste steur hulle min aan padreëls.

Voetganger, Paarl.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za