Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vrae oor grondeise

Vrae oor grondeise
 
2011-05-19


ONS, as lede en nasate van lede soek antwoorde by die bestuur van die grondeienaarsvereniging Forester’s Lodge, wat deur ons gekies is na aanleiding van die uitbetaling van grondeise in die Paarl wat nou geskied het.

Altesame R1 333 449 is onlangs ná jare se onderhandeling aan die lede uitbetaal deur die hoofkantoor van die Grondeisekommissie in Pretoria.

By lede is vasgestel dat sommige R8000 ontvang en sommige R9000 en andere selfs soveel as R12 000.

Ons versoek die voorsitter, David Newman en sekretaresse, Maureen Balie, dat ’n vergadering belê word waar die lys van eisers voorgelê word, asook ’n bankstaat van die betalings.

Ons hoop dat die komitee besef dat hulle met geld van ’n organisasie gewerk het en dat daaroor teruggerapporteer moet word aan al die lede.

Wanneer alle lede tevrede gestel is en verslag gedoen is oor die finansiële state, kan daar oorgegaan word tot amptelike ontbinding van die organisasie.

Ontevrede eisers

Paarl




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za