Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Misdaad in die Arboretum kan wel bekamp word

Misdaad in die Arboretum kan wel bekamp word
 
2011-05-19


ONS Suid-Afrikaners moet ophou om van munisipaliteite te verwag om al die oplossings vir ons sosiale euwels te vind. Misdaad in die Arboretum kan net deur die samewerking van ons hele gemeenskap opgelos word.

Ek stap vir die afgelope 20 jaar op ’n gereelde grondslag al in die Arboretum en gelukkig was my veiligheid nog nooit bedreig nie.

Opvallend is die baie klein getal Paarliete wat die Arboretum regtig gebruik vir onspanningsaktiwiteite soos stap en fietsry. En dit is nie net vandat daar aanvalle in die park is nie, dit kom al lank.

Op ’n mooi somersoggend kan jy die hele Arboretum deurtrap sonder om enigiemand teë te kom.

Ek het dus begrip vir die lewensvatbaarheid van veiligheidswagte as ’n oplossing wat fondse gaan benodig om net vyf drawwers of stappers per dag te akkommodeer.

Die vraag is, sal daar ’n merkwaardige groei van Arboretum-gebruikers wees indien daar veiligheidswagte is?

Indien die voorspelling “Ja’’ is, kan dit mos lewensvatbaar wees en dan kan die Munisipaliteit meer proaktief wees.

Plaas dan byvoorbeeld sekuriteitswagte op bepaalde tye (soos Saterdae en Sondae tussen 9:00 en 12:00) in die Arboretum. Adverteer die tye en maak die publiek voldoende bewus daarvan.

Dan moet die belastingbetalers en hulle families die inisiatief ondersteun en hulle voete gaan wys.

’n Volgehoue ondersteuning van die inisiatief oor ’n paar weke sal dan die lewensvatbaarheid van sekuriteit op addisionele tye bepaal.

Indien niemand opdaag nie, sal Paarliete self deels verantwoordelikheid vir hierdie situasie moet aanvaar.

Indien genoeg mense die inisiatief ondersteun mag dit later selfs onnodig wees vir veiligheidswagte!

Vat die park terug as ’n gemeenskap en hou die politiek daaruit, of kom met ’n werkbare voorstel.

Eckhard Meyer




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za