Sportdagboek
2011-05-19
KRIEKET * Die SR Radiators Young Peoples Krieketklub hou hul algemene jaarvergadering op 23 Mei (Maandag) om 19:00 by die klubhuis te Daljosafat. Dié klub beplan ’n voor-seisoense toer na Port Elizabeth vanaf 16-19 September. ) RUGBY * Riverstones Old Boys vergader op 22 Mei om 15:00 te Geelhoutlaan 16, New Orleans. Alle oudlede word uitgenooi. * Young Gardens speel Saterdag weg teen Windmeul United te Windmeul Primêr. Vervoer is R10 en vertrek 12:00 vanaf Food O’Rama. Die klub vergader Maandag 23 Mei om 19:15 met ’n afvaardiging van WP Rugby te Paarlzicht Primêr. Die klub oefen Dinsdae en Donderdae te Daljosafat vanaf 18:00. Vir enige navrae, kontak Mario by 021-870-1080 (W) of 082-380-2680 * Young Peoples Rugbyklub se afrigters en bestuur sal elke Maandag om 19:00 by die Daljosafat-klubhuis vergader. * Paarl Rangers speel eerskomende Saterdag teen Young Wesleys in Philippi. Die bus vertrek om 11:00 vanaf Fair Foods, Groenheuwel en 11:30 vanaf Drakenstein biblioteek. * Violets se juniors oefen Dinsdae en Donderdae om 17:00 by Paulus Joubert Sekondêr. Op Vrydag 3 Junie hou Violets ’n piekniekdans in die Annunciation-saal (Van der Stelstraat). Die prys beloop R50. * Die rugbykode se klubvergadering word op Woensdag 25 Mei om 19:00 by die Hugenote Gemeenskapsaal gehou. Vir enige navrae, skakel 082 731 4879.
More
News
|