Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rugbytelbord

Rugbytelbord
 
2011-05-19


YOUNG GARDENS SE EERSTES WEN

Die eerste rugbyspan van Young Gardens het Saterdag met 23-17 teen Allandale geseëvier.

Drieë is aangeteken deur Heinrich Afrika en Ettienne Ruiters met doelskoppe deur Tino Prins en Justin van Schoor. Van Schoor het ook 3 strafskoppe deur die pale gejaag.

Die tweedes het verloor met 0-41 en die derdes met 12-24.

) PNIEL VILLAGERS DEEL LOUERE

In ’n baie spannende wedstryd het die Pniel span teen die onoorwonne span van Brackenfell met 15 elk gelykop gespeel. Die telling is ‘n ware weergawe van die wedstryd, want spel het weerskante gelykop verloop alhoewel die tuisspan se verdediging hulle soms op kritieke tye in die steek gelaat het.

Met die draaislag was die telling 12-5 in die Pnielers se guns, maar die Brakke was vasberade om hulle onoorwonne status te behou. ’n Drie tien minute ná rustyd het die Brakke nader laat trek en met die telling op 12-10 kon enige span nog wen.

’n Stafskop aan Pniel het die telling vergroot na 15-10, maar ná volgehoue druk deur die besoekers is hulle beloon met ’n drie ná swak verdediging aan die tuisspan se kant. Albert Trytsman, die Brakke se binnesenter is toegelaat om vanaf die middellyn langs die kantlyn deur te nael en in die proses is vyf verdedigers geklop om die gelykmakende punte vir sy span te behaal - die doelskop was egter mis.

Uitblinkers was Edwin du Preez (heelagter) wat gevaarlik gelyk het elke keer wanneer hy vanaf die laaste vesting aanvalle geloots het, terwyl Dimitri Noble rotsvaste verdediging in die middeveld gelewer het. Stefanus Cedras kon nie die wedstryd vir die tuisspan vanuit die losskakelposisie dikteer nie en het een van sy swakker wedstryde beleef.

Drieë is gedruk deur Fernando Adams en Dimitri Noble terwyl Edwin du Preez met ‘n straf- en doelskop geslaag het. Pniel se tweede span het met 19-17 verloor terwyl die derde span met 12-10 en die o.20’s met 17-5 gewen het.

) BOISHAAI VERLOOR IN HALFEIND

Die 0.17 rugbyspan van Boishaai wat die afgelope vakansie in Japan aan die Sanix Wêreld-jeugrugbytoernooi deelgeneem het, het in die halfeindronde teen Ivybridge van Engeland met 19-24 verloor. Hulle het die derde plek in die toernooi verower deur 42-0 met Tion Gasken Hoërskool af te reken.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za