Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dekseldiewe vasgevat

Dekseldiewe vasgevat
 
2005-10-20

David Joshua

SKROOTYSTERDIEWE het die afgelope weke die mangatdeksels van die rioolstelsel en stormwaterpype in Paarl-Oos geteiken.

Veral New Orleans woonbuurt is geteiken - Sipres-, Seder-, Eike- en New Orleanslaan.

Altesame 15 beskadigde deksels is teruggevind toe die polisie vyf mans gearresteer het wat in Jan van Riebeeckweg op die brug oor die Palmietrivier gestaan het, besig om die deksels met klippe stukkend te gooi.

Hulle wou vermoedelik die oorblyfsels aan skrootwerwe verkoop.

Klagtes van die besit van gesteelde goedere en die beskadiging van munisipale eiendom word teen hulle ondersoek.

’n Beroep word op die publiek en skrootwerfeienaars gedoen om die polisie-ondersoekbeampte insp Elton Abrahams by 807-4000 te skakel, of die munisipaliteit by 807-4868 om hierdie tipe diefstal aan te meld.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za