Albions gee Pêrel United 'n rugbyles
2011-05-19
ALBIONS het Saterdag vir Pêrel United ’n rugbyles gegee deur tien drieë te druk en maklik met 62-0 te wen. Die rustydtelling was 30-0. Die tweede helfte het vir meer opwinding as die eerste helfte gesorg, met hardlooprugby uit die boonste rakke. Die driedrukkers was Dane Schoor (2), DJ Neff, Andy Swarts (2), Gilmore Watts, Aswin Williams, Carlyle Williams, Desty Davids en Rowatney Juries. Juries is ook as speler van die wedstryd aangewys. Doelskoppe is behaal deur Carlyle Williams (3), Watts, Lincoln du Preez en Desty Davids. Die tweede span het met 15-7 en die derde span verloor 0-7. Albions speel weer op 28 Mei teen Vineyards op die Daljosafat-stadion. Albions het hierdie naweek ’n loslooitjie en speel volgende naweek teen Vineyards.
More
News
|