Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Groot sege vir Louw in Tulbagh

Groot sege vir Louw in Tulbagh
 
2011-05-19


VIR die Paarliet Adriaan Louw was die oorwinning die afgelope naweek in Tulbagh in die MTN Marathon-bergfietswedren een van die belangrikste tot dusver in sy kort loopbaan.

Louw (Contego/Giant/Sludge) het die ren oor ’n uitmergelende 85km gewen, met Lourens Luus en Geddan Ruddock onderskeidelik in die tweede en derde plekke.

Dit was ’n lang dag vir Louw. Aanvanklik was deelnemers onder die indruk dat hulle slegs 75km moet ry, maar eers nog ’n verdere 10km later was hulle by die eindpunt.

Louw en sy spanmaat Louis-Bresler Knipe het goed saamgewerk om die veld van deelnemers te laat krimp totdat net hulle oorgebly het.

“Louis-Bresler het baie hard gewerk en my ongelooflik baie gehelp. Hy was baie sterk.”

Knipe het na ongeveer 60km begin sleg voel en toe was dit Louw se verantwoordelikheid om seker te maak dat al die harde werk nie verniet was nie.

Volgens die 21-jarige Louw was hy lanklaas so moeg ná ’n wedren, want hy was al by die 75km-merk gedaan.

Ofskoon Louw afgereken het met die voorloper in die MTN marathon-reeks, Luus, beskryf Louw sy sege as ’n belangrike een, eerder as een van die grootstes.

“Ek het die laaste tyd gesukkel met verkoue, so my peil was nie baie goed nie. Ek het baie druk op myself geplaas om goed te doen en daarom was dit belangrik om te wen.

“Dit is ’n groot hupstoot vir my selfvertroue. Dit is natuurlik ook lekker om ’n goeie vertoning vir die span te lewer,” sê hy.

Louw se volgende wedren is die eerste byeenkoms in die Wes-Kaapse Veldwedren-reeks op 28 Mei by Zevenwacht.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za