Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


ANC vat Wyk 13 in tussenverkiesing

ANC vat Wyk 13 in tussenverkiesing
 
2005-10-20


“NOU is Sienah ’n dubbele raadslid!” Só het een van die opgewonde omstanders Woensdagaand geskree nadat raadslid Sienah Saaiman ’n klinkklare oorwinning vir die ANC behaal het in die tussenverkiesing in Wyk 13, Paarl.

Saaiman, wat voorheen ’n proporsionele raadslid was, versit nou van stoel in die raadsaal om die Amstelhof-wyk te verteenwoordig.

Haar plek as proporsionele raadslid moet nou deur die ANC gevul word teen 4 November.

Net 37,49% (1274) van die 3398 geregistreerde kiesers het ’n draai by die stembus gaan maak.

Die ANC het 52% van hierdie stemme gewen, ’n totaal van 654.

Die DA wat die wyk in 2000 gewen het met 45%, het Woensdag slegs 17% (214) stemme getrek.

Derde was die Onafhanklike Demokrate met 16,85% (212), gevolg deur die nuutgestigte United Party of South Africa met 15,87% (112).

Die Federasie van Demokrate kon net 5,25% (66) van die stemme op hulle verenig. Sowel die FD as UPSA het hul deposito's verbeur.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za