Huisbrake op plase pla
2011-05-19
DIE Klapmuts polisie waarsku dat daar ’n toename in huisbrake en diefstal van koperkabels in veral die landelike gebied om Klapmuts is. Hierdie gebied sluit in die plase grensend aan die N1, R44 en Suid-Agter-Paarl-pad. Polisiewoordvoerder kst Naima Vaughan het gesê dat dat huisbrake dikwels plaasvind wanneer huiseienaars binne hul wonings is. “Ons vra dus die gemeenskap om op te let na hul onmiddellike veiligheid. ” Die landelike patrollie voertuig kan gekontak word by 082-443-9373, óf sers McMillian Hignet 079-894-1245, óf kst Anthony Pietersen 082-522-3262.
More
News
|