Huisbraaksindikaat oopgevlek
2011-05-19
DIE polisie het ’n moontlike huisbraaksindikaat oopgevlek wat glo by talle plaaslike wonings ingebreek het. Verlede week het lede van die Paarl polisie inligting ontvang oor die onwettige handel in tweedehandse goedere in Mbekweni. Hierdie inligting het hulle gelei na wonings wat deursoek is en waar ’n groot hoeveelheid gesteelde goedere gevind soos gereedskap, selfone, videospeletjies en juweliersware gevind is. Polisiewoordvoerder kpt Louise du Plessis het gesê drie mans, Thulani Meyi, Bongo Motsokotsi en Henry Swarts, is in hegtenis geneem. Van hierdie gesteelde goedere is positief geïdentifiseer as gesteel tydens huisbrake by plase in die Nieuwedrift-omgewing. Daar is wel heelwat goedere wat steeds nie geïdentifiseer is nie. Dus vra die polisie die hulp van die publiek om na vore te kom oor vermiste goedere. Sodoende kan die verdagtes aan nog misdade gekoppel word. Die polisie is steeds op soek na ’n vierde verdagte, Daniel Gouws, wat hulle met hul ondersoek kan help. Enige inligting kan vertroulik deurgegee word aan kst Terence Sias by 021-80-4000. * Police suspect that they have caught a syndicate who have been responsible for many burglaries on farms.
More
News
|