Verdagte in begraafplaasmoord in hof
2011-05-19
Lise Beyers
DIE verdagte in die gru-moordsaak van Bianca van Zyl (28) verskyn weer op 1 Junie in die Paarl Landdroshof. Van Zyl se naakte liggaam is in Februarie vanjaar deur ’n voetganger gevind in die Groenheuwel-begraafplaas. Haar keel is afgesny en sy het in ’n plas bloed gelê. ’n Nadoodse ondersoek het getoon dat sy wreedaardig verkrag is en dat daar verskeie bytmerke aan haar liggaam was. Bianca het saam met haar driejarige seun, Breyton, en ma Brenda Arendse, in Preludelaan, Groenheuwel gewoon. Paarl-Oos speurders se ondersoek het gelei na die inhegtenisname van ’n verdagte, Jeffrey Meintjies (24). Hy is ’n getroude man ook woonagtig in Preludestraat en is bekend in die gebied as diaken van die Broeders van Vrede Gemeente in Fairyland. ’n Bron ná aan die ondersoek, het gesê dat daar verskeie ooreenkomste is tussen Bianca se moord en dié van Jolene Pietersen in Oktober 2005. Pietersen, ook 19 jaar oud ten tyde van haar dood, se halfnaakte liggaam is in lang gras gevind teen die nabygeleë Greenfields-woonbuurt. Sy is ook verkrag en keelaf gesny. Haar moord is steeds onopgelos. Sedert Meintjies se inhegtenisname in Februarie is hy steeds in aanhouding. * The suspect in the brutal murder of a young woman in February will again appear in court on 1 June.
More
News
|